Adv. Barbie binnekort op parool

Cezanne Visser, ook bekend as Advokaat Barbie

Cezanne Visser, beter bekend as advokaat Barbie, gaan binnekort op parool vrygelaat word, het die Sunday Times berig.

Die departement van korrektiewe dienste het gesê die paroolraad het haar vrylating van Maandag af goedgekeur. Sy dien tans ‘n sewe jaarlange tronkstraf uit vir onsedelike aanranding en die vervaardiging en besit van kinderpornografie. Sy is ook skuldig bevind dat sy bedrog gepleeg het by ‘n kinderhuis.

James Smalberger, adjunkkommissaris, het aan die koerant gesê Visser se parool val onder die maksimumkategorie, met streng voorwaardes wat Maandag geformaliseer sal word. “Visser, soos enige ander oortreders in dieselfde kategorie, moes die helfte van haar vonnis uitdien, waarna sy oorweeg word vir parool,” het Smalberger gesê.

Smalberger sê die departement sal nie huiwer om haar weer in hegtenis te neem indien sy haar paroolvoorwaardes oortree nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Sy verdien nie om vrygelaat te word nie!! Vir dit wat sy gedoen het moet sy eintlik nooit weer die buitekant van ‘n tronk sien nie. Sy moet nie die voorreg he om weer buite te beweeg en vrye omgang met mense te he nie. Sy verdien dit nie

M.Grobler ·

Stem 100% saam Sarie sy was al mooi groot, geen mens met ‘n gesonde verstand laat hom/haar so beinvloed nie,,sy kruip gerieflikheids halwe agter daai man weg, hoe siek kan mens wees om weeskinders te kry en te molesteer, jammer sy is nie in die tronk verkrag nie, sy is nie minder ‘n barbaar as die res van hierdie moordenaars en verkragters in ons land nie.Sies jou gemors.

Debbie Biermann ·

Ek stem glad nie saam nie. Ja sy het vieslike goed aangevang maar sy is meer werd buite om te help om soortgelyke kinders te help. Die probleem is BAIE BAIE groter vandag.In ieder geval wie is ek of jy om vingers van beskuldiging rond te gooi!!!!!

Petro ·

Ek is geneig om met jou saam te stem Debbie. Sy het haar pak gevat. Die paroolvoorwaardes is uitgestip en hulle sê hulle sal nie huiwer om haar in die tronk te gooi as sy oortree nie. Ja wat, gun haar ‘n kans om reg te maak en te lewe.

annie ·

Glo sy het haar les geleer.. ! Leef asb nou ‘n kwaliteit lewe! Die man wat met jou kop gesmokkel het is toegesluit. Die keuse gaan nou net joune wees…

mae ·

Ek wonder of mense dieselfde sou voel oor die parool as dit ‘n man was wat ‘n seksuele misdryf teenoor ‘n kind gepleeg het. Dit bly absoluut verkeerd om so iets aan ‘n kind te doen! Ek kan myself nie indink dat die vrou nou kamtig kinders wat deur dieselfde gegaan het kan help as sy die oortreder was nie.

ELSA ·

EK HET 3 PRAGTIGE KLEIN KINDERS…….WIL LIEWERS NIE SE WAT EK REGTIG VOEL NIE…..
RAAK AAN KINDERS……OUMENSE…..EN EK RAAK WILD………………….

amy ·

Alhoewel sy nie nou al moes uitgekom het nie, is haar vonnis uitgedien. Dirk is in verre Rusland in die tronk. Dan gaan hy terug kom SA toe. Ek wonder of die diewe en bedrieérs wat saam haar gevonnis is, ook al vry is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.