
Cezanne Visser, ook bekend as Advokaat Barbie
Cezanne Visser, beter bekend as advokaat Barbie, gaan binnekort op parool vrygelaat word, het die Sunday Times berig.
Die departement van korrektiewe dienste het gesê die paroolraad het haar vrylating van Maandag af goedgekeur. Sy dien tans ‘n sewe jaarlange tronkstraf uit vir onsedelike aanranding en die vervaardiging en besit van kinderpornografie. Sy is ook skuldig bevind dat sy bedrog gepleeg het by ‘n kinderhuis.
James Smalberger, adjunkkommissaris, het aan die koerant gesê Visser se parool val onder die maksimumkategorie, met streng voorwaardes wat Maandag geformaliseer sal word. “Visser, soos enige ander oortreders in dieselfde kategorie, moes die helfte van haar vonnis uitdien, waarna sy oorweeg word vir parool,” het Smalberger gesê.
Smalberger sê die departement sal nie huiwer om haar weer in hegtenis te neem indien sy haar paroolvoorwaardes oortree nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Sy verdien nie om vrygelaat te word nie!! Vir dit wat sy gedoen het moet sy eintlik nooit weer die buitekant van ‘n tronk sien nie. Sy moet nie die voorreg he om weer buite te beweeg en vrye omgang met mense te he nie. Sy verdien dit nie
Ek stem glad nie saam nie. Ja sy het vieslike goed aangevang maar sy is meer werd buite om te help om soortgelyke kinders te help. Die probleem is BAIE BAIE groter vandag.In ieder geval wie is ek of jy om vingers van beskuldiging rond te gooi!!!!!
Glo sy het haar les geleer.. ! Leef asb nou ‘n kwaliteit lewe! Die man wat met jou kop gesmokkel het is toegesluit. Die keuse gaan nou net joune wees…
Ek wonder of mense dieselfde sou voel oor die parool as dit ‘n man was wat ‘n seksuele misdryf teenoor ‘n kind gepleeg het. Dit bly absoluut verkeerd om so iets aan ‘n kind te doen! Ek kan myself nie indink dat die vrou nou kamtig kinders wat deur dieselfde gegaan het kan help as sy die oortreder was nie.
EK HET 3 PRAGTIGE KLEIN KINDERS…….WIL LIEWERS NIE SE WAT EK REGTIG VOEL NIE…..
RAAK AAN KINDERS……OUMENSE…..EN EK RAAK WILD………………….