Adv. Barbie dalk binnekort op parool uit

Cézanne Visser tydens 'n hofverskyning op 24 Februarie 2010. Foto: Johann Hattingh/SAPA

Die veroordeelde seksmisdadiger, Cézanne Visser of “advokaat Barbie” soos sy in die volksmond bekendstaan, kan dalk binnekort op parool vrygelaat word.

Visser (34) se regsverteenwoordiger, Llewellyn Curlewis, het aan Rapport gesê dat die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Tom Monyane, aanbeveel het dat sy op korrektiewe toesig vrygelaat word. Viseer het reeds sowat 2 jaar van haar 7 jaar vonnis uitgedien. Monyane het glo aanbeveel dat sy vrygelaat word danksy haar goeie gedrag en dat sy gerehabiliteer is. Curlewis sê Visser is opgewonde oor haar moontlike vrylating maar dat die proses enigiets van twee maande tot twee jaar kan neem. Visser is 2009 skuldig bevind aan 11 van die 14 aanklagte teen haar, waaronder onsedelike aanranding en die besit en vervaardiging van kinderpornografie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.