Adv. Barbie kry vandag parool

Cezanne Visser, ook bekend as Advokaat Barbie

Cezanne Visser, beter bekend as advokaat Barbie, gaan na verwagting Maandag in Pretoria op parool vrygelaat word. Sy gaan onder huisarres geplaas word.

Maroela Media het Sondag berig die departement van korrektiewe dienste het gesê die paroolraad het haar vrylating van Maandag af goedgekeur. Sy dien tans ‘n sewe jaarlange tronkstraf uit vir onsedelike aanranding en die vervaardiging en besit van kinderpornografie. Sy is ook skuldig bevind dat sy bedrog gepleeg het by ‘n kinderhuis. Lees meer hier.

Haar parool word met gemengde reaksies op sosiale netwerke soos Twitter en Facebook ontvang. Party voel sy verdien ʼn tweede kans. ʼn Ene Annie het op Maroela se webwerf geskryf: “Glo sy het haar les geleer.. ! Leef asb nou ‘n kwaliteit lewe! Die man wat met jou kop gesmokkel het is toegesluit. Die keuse gaan nou net joune wees…” [sic]

Ander voel sy moet vir die res van haar lewe boet vir die dade wat sy saam met haar destydse minnaar, Dirk Prinsloo, gepleeg het.

Debbie Biermann het op Maroela geskryf: “Ek stem glad nie saam nie. Ja sy het vieslike goed aangevang maar sy is meer werd buite om te help om soortgelyke kinders te help. Die probleem is BAIE BAIE groter vandag. In ieder geval wie is ek of jy om vingers van beskuldiging rond te gooi!!!!!” [sic]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco Griesel

Hulle moes die stuk gemors gehang het.

Elize

Debbie Biermann het op Maroela geskryf: “Ek stem glad nie saam nie. Ja sy het vieslike goed aangevang maar sy is meer werd buite om te help om soortgelyke kinders te help.

STEM NIE SAAM NIE……. LEER DIE WêRELD DAAR BUITE NIKS NIE……WAT GAN SY DIE KINDERS MEE HELP? DIE SKADE WAT SY REEDS BEROKKEN HET MET DIE VORIGE SLAGOFFERS?

Debbie Biermann

Ek wil voorstel dat almal wat vingers wys eerder die fliek “Flight” van Denzil Washington,wat gebaseer is op ‘n ware verhaal,moet kyk!! Daar was genade vir ‘n moordenaar en hy was vergewe!!!

Johan

Debbie Biermann die staat het haar beskuldig en die HOF het haar skuldig bevind, Laat sy haat tyd in die tronk voltooi. Stop jou new-age, jy mag nie oordeel, stories! (Ek weet sy het op ‘n ander media die kommentaar gelewer)

JAVR

Sal enige persoon haar ooit vertrou met hulle kinders? Wil graag weet of Debbie haar kinders (as sy het) sal gaan aflaai by Barbie se huis vir ‘n hele dag en gerus sal voel. Nee jammer as jy met kinders lol is daar net nie vergifnis nie! Hulle kan hulself nie eens verdedig nie terwyl sy wel kan. Hoe geskend is daardie kinders nie vandag nie. En in elk geval Debbie sy kan niks vir kinders hier buite doen nie want sy mag GLAD NIE naby kinders kom nie. Dis die parool voorwaardes. So wat doen sy buite? soek ander… Lees meer »