Adv wat deur taxi gesleep is weer in hospitaal, trou amper

Die foto van Kim McCusker en haar verloofde Lourens Grobler is vroeër vanjaar geneem.

Die Johannesburgse advokaat wat in September verlede jaar deur ʼn taxi omgery en honderde meters ver gesleep is, het die week nog ʼn operasie ondergaan.

Kim McCusker (26) se suster, Julia, skryf op haar ondersteuningsgroep op Facebook dat die gesin pas teruggekeer het van ʼn lang vakansie aan die kus waar Kim die geleentheid gekry het om te herstel en ontspan. Die gesin het vroeër die week teruggekeer aangesien McCusker nog ʼn operasie moet ondergaan en weer met fisioterapie moet begin. McCusker moet ook later nog ʼn operasie aan haar regterknie ondergaan aangesien sy steeds pyn ervaar en sukkel om normaal te loop. Intussen berig Beeld dat McCusker en haar verloofde, Lourens Grobler se troue wat aanvanklik vir 11 Februarie beplan is tot 26 Mei uitgestel is. Grobler het intussen weer Vrydag in die hof verskyn. Sy borgtog is verleng en die saak is uitgestel tot Maart.

McCusker is op 13 September deur ʼn taxi omgery en sowat 700m ver gesleep. Die taxibestuurder wat McCusker glo omgery het, Matome Thamage (30), is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. Thamage het glo amper in McCusker en Grobler se motor vasgery. Thamage beweer hy het van die toneel probeer vlug nadat Grobler hom glo aangerand het. Thamage sal na verwagting weer volgende maand in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.