Advertensie: ‘Woolworths stel wit mense aan’

Woolworths het advertensies in verskeie Sondag-koerante geplaas waarin die groep sy indiensnemingsbeleid verdedig.

“Oor die afgelope paar dae is daar baie dinge gesê oor ons indiensnemingsbeleid – spesifiek dat ons nie wit mense aanstel nie. Dit is nie waar nie,” lui die advertensie wat in City Press, Rapport en Sunday Times gepubliseer is. “Woolworths stel wit mense aan. Ons stel vroue en mans van alle rasgroepe – wit, swart, bruin mense, Indiërs sowel as mense met gestremdhede aan en sal voortgaan om dit te doen.” Die vakbond Solidariteit het verlede week ʼn openbare veldtog ten Woolworths van stapel gestuur en geëis dat die groep posadvertensies wat teen wit mense diskrimineer, onttrek.

Woolworths het in Sondag se advertensie aangevoer dat daar sekere dele van sy besigheid is wat “onderverteenwoordig” is. Woolworths sê dit is in die afdelings wat hy kandidate van sekere rasgroepe benodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erica van Staden ·

Woolworths slaan nou vuure dood… Hul se hul stel witmense aan, maar KYK bietjie wat gaan in die winkels aan… Nie net hulle nie, ander klere winkels ook… Is daar nog wit mense wat in diens geneem word? Ek was al lus en neem foto’s… Dit is darm n bewys van wat aangaan!

Pieter Botha ·

Woolworths sit julle geld waar julle monde is en plaas bietjie die advertensies om net wit mense aan te stel in die swak verteenwordigde dele van julle besigheid soos drywers, pakkers, bakkers en kassiere! Bewys julle volg ‘n beleid en diskrimineer nie!

Brenda ·

Nee, werklik!! Ons weet ons is nie goed genoeg om vir hulle te werk nie, maar dink hulle nou wragtig ons is sooooooo onnosel om hulle te glo, as hulle berig dat hulle witmense aanstel. Wat jy waar kry? Waar werk die witmense, want ek het hulle nog nooit by enige tak van Woolworths gesien, waar ek al gekoop het nie, en dit was al by verskeie takke landwyd??? Ek is ook definitief nie kleurblind nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.