Advokaat glo in hospitaal ná inspuit-aanval

Adv. Jaap Cilliers. Foto: Shayne Robinson/Sapa

Die polisie het Donderdag gesê adv. Jaap Cilliers se aanval word nog nie ondersoek nie, aangesien Cilliers glo in ʼn hospitaal is en daar nog nie ʼn saak aanhangig gemaak is nie.

“Die saak is nog nie by die polisie aangemeld nie. Ons verstaan Cilliers is in die hospitaal, miskien sal die saak in ʼn later stadium aangemeld word,” het ao. Ann Poortman, ʼn polisiewoordvoerder, aan Sapa gesê. “Vir ʼn saak om ondersoek te word, moet ʼn klagte eers aanhanging gemaak word.”

Cilliers is Woensdag buite die Pretoriase hooggeregshof aangeval en met ʼn onbekende vloeistof ingespuit. Cilliers se voormalige hoëprofiel-kliënte sluit in dr. Wouter Basson, Jackie Selebi en die Waterkloof-vier, berig Beeld.

Na wat berig word, het Cilliers uit die hof gestap nadat hy ʼn siviele saak afgehandel het. Hy het gevoel hoe iemand van agter teen hom vasloop en kort daarna ʼn steekpyn in sy boud gevoel. Hy is na ʼn dokter geneem wat bevestig het dat hy met iets ingespuit is. Cilliers is daarna na ʼn Pretoriase hospitaal geneem waar bloedtoetse gedoen is om vas te stel wat die vloeistof is. Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.

Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.