Advokaat wag nog vir bloedtoetsuitslae na inspuit-aanval

Adv. Jaap Cilliers. Foto: Shayne Robinson/Sapa

Advokaat Jaap Cilliers sê hy wil nie spekuleer wie hom verlede Woensdag buite die Pretoriase hooggeregshof aangeval en met ʼn onbekende vloeistof ingespuit het nie.

“Ek het my vermoede, maar wil nie spekuleer voor die polisie se ondersoek nie afgehandel is nie,” het Cilliers aan Beeld gesê.

Cilliers se voormalige hoëprofiel-kliënte sluit dr. Wouter Basson, Jackie Selebi en die Waterkloof-vier in. Na wat berig word, het Cilliers omtreeks 15:30 uit die hof gestap nadat hy ʼn siviele saak afgehandel het. Hy het gevoel hoe iemand van agter teen hom vasloop en kort daarna ʼn steekpyn in sy boud gevoel. Hy is na ʼn dokter geneem wat bevestig het dat hy met iets ingespuit is. Cilliers is in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem waar bloedtoetse gedoen is om vas te stel wat die vloeistof is.

Hy is Vrydag uit die hospitaal ontslaan. Cilliers wag nog vir die uitslae van die toetse.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.