Advokaat wat regter skel vrygespreek

ʼn Advokaat wat vroeër vanjaar ʼn regter in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevloek het, is vrygespreek op die aanklagte teen hom.

Adv. Nehemiah Ballem het wyd opslae gemaak toe hy in April vanjaar aan regter Lee Bozalek gesê het “Jou ma se p*** man. F** jou”. Bozalek het Ballem gevra hoekom hy laat vir die hofsitting opgedaag het. Ballem is kort hierna in ’n mediese inrigting opgeneem. Die Cape Times berig dat die Kaapse balieraad Ballem vrygespreek het op aanklagte van onprofessionele gedrag weens ʼn mediese toestand. Die balieraad wou egter nie bekendmaak aan watter mediese toestand Ballem lei nie. Volgens die balieraad het Ballem reeds bedank en is hy nie in staat om as advokaat te praktiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.