Afgedankte stakers brand taxi’s

Argieffoto: Mike Hutchings/Reuters

Afgedankte Anglo American Platinum (Amplats)-werkers het Donderdag twee taxi’s naby Rustenburg aan die brand gesteek.

Amplats het op 5 Oktober sowat 12 000 mynwerkers afgedank omdat hulle vir meer as drie weke lank aan ‘n onwettige staking deelgeneem het. Volgens die mynbestuur is dié stap gedoen nadat die betrokke werkers nie hul tugverhore bygewoon het nie.

Die afgedankte werkers het vandag in Photsaneng bymekaar gekom, waar die taxi’s aan die brand gesteek is. Hulle eis ook dat bedrywighede by die Bathopele-myn gestaak word.

Noordwes se taxi-raad sê alle taxi-bedrywighede in die gebied is weens veiligheidsredes opgeskort. Die betogers wil glo hierdeur verhoed dat ander inwoners nie by hul onderskeie werke uitkom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.