Afgedankte werkers moor twee

Afgedankte Anglo American Platinum (Amplats)-werkers het Donderdag glo twee mense vermoor nadat hulle vroeër ook twee taxi’s naby Rustenburg aan die brand gesteek het.

Amplats het op 5 Oktober sowat 12 000 mynwerkers afgedank omdat hulle vir meer as drie weke lank aan ‘n onwettige staking deelgeneem het. Volgens die mynbestuur is dié stap gedoen nadat die betrokke werkers nie hul tugverhore bygewoon het nie.

Die afgedankte werkers het vandag in Nkaneng bymekaar gekom en gewelddadig geraak. “ʼn Man is tydens die voorval aan die brand gesteek en is op die toneel dood. Nog ʼn persoon is twee keer geskiet, hy is onderweg na die hospitaal dood,” het brigadier Thulani Ngubane gesê.

Die polisie het spoedig reageer en 40 mense vir openbare geweld in hegtenis geneem. Volgens Ngubane is die situasie nog spanningsvol. Die polisie het motoriste versoek om die gebied te vermy.

Die werkers eis dat bedrywighede by die Bathopele-myn gestaak moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.