“Afgestorwe” haarkapper verloor klante

Jan Horn. Foto: Ryno Ellis / LookLocal Pretoria-Noord

Jan Horn, ʼn haarkapper van Pretoria, het glo nagenoeg 300 kliënte verloor weens ʼn misverstand oor ʼn ander haarkapper in dieselfde gebied se afsterwe.

Die misverstand het ontstaan toe die ander haarkapper, ook bekend as Jan, ongeveer ’n maand gelede oorlede is, het LookLocal Pretoria-Noord Woensdag berig.

Volgens Horn het baie van sy kliënte onder die indruk verkeer dat hy die Jan is wat aan ʼn hartaanval dood is, terwyl dit eintlik Jannie Pieterse is.

Volgens Horn, het sy familie skielik oproepe en besoeke van medelye van sy klante ontvang ná Pieterse se afsterwe. Horn is al 22 jaar lank ʼn haarkapper in die omgewing. Hy het aanvanklik nie die erns van die saak besef nie totdat sy klante, meestal mans, drasties begin verminder het. “Aan die begin het ek nie gedink dit is vreemd nie, maar later het ek agtergekom dat ongeveer 300 minder klante my die afgelope maand besoek het. As mense my familie besoek om medelye te betoon, of my in lewende lywe en gesond in my salon sien staan, is hulle uit die veld geslaan. Sommiges raak selfs baie emosioneel,” het hy aan LookLocal gesê.

Horn is bekommerd oor die afname, maar hy sien ook die humor in die hele misverstand.

Bron: LookLocal Pretoria-Noord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Flash ·

Gerugte van Jan se afsterwe is oordrewe. Verkeerd aangehaal, buite konteks…

Erika ·

Jan Horn het al my seun se hare gesny. So bly hy is nie “dood” nie.

Sampie ·

Stem saam Flash, kan ook nie ander blameer as jy miskien nie die job kan doen nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.