ʼn Voormalige president van Somalië was Dinsdag in ʼn ongeluk betrokke nadat hy en sy drywer die ENB-stadion verlaat het waar oud-pres. Nelson Mandela se gedenkdiens plaasgevind het.
ʼn Polisiebron het aan Maroela Media gesê die ongeluk het op die N1-noord op pad na Pretoria plaasgevind. “Ons vermoed die drywer het weens die nat weer beheer oor die voertuig verloor en teen die beton-versperring langs die snelweg vasgery,” het die beampte gesê.
Die bestuurder en die afgevaardigde het nie beserings opgedoen nie, maar die voertuig het onklaar geraak in die ongeluk en moes met ʼn sleepwa verwyder word.
Die naam van die president was nie onmiddellik beskikbaar nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Woensdag?
Sekerlik Dinsdag, anders moet dit nog gebeur!
Is dit net ek of is die artikel vreemd…. Dit is vandag Dinsdag die 10.12.2013, maar die ongeluk het Woensdag plaasgevind?