Afgevaardigde in ongeluk ná Madiba-gedenkdiens

bloulig-320x203ʼn Voormalige president van Somalië was Dinsdag in ʼn ongeluk betrokke nadat hy en sy drywer die ENB-stadion verlaat het waar oud-pres. Nelson Mandela se gedenkdiens plaasgevind het.

ʼn Polisiebron het aan Maroela Media gesê die ongeluk het op die N1-noord op pad na Pretoria plaasgevind. “Ons vermoed die drywer het weens die nat weer beheer oor die voertuig verloor en teen die beton-versperring langs die snelweg vasgery,” het die beampte gesê.

Die bestuurder en die afgevaardigde het nie beserings opgedoen nie, maar die voertuig het onklaar geraak in die ongeluk en moes met ʼn sleepwa verwyder word.

Die naam van die president was nie onmiddellik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Petrus

Ons loop die week vooruit! Ons het die wysiging aangebring, dit moet natuurlik “Dinsdag” wees.

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Annebe

Ons loop die week vooruit! Ons het die wysiging aangebring, dit moet natuurlik “Dinsdag” wees.

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

nuusleseer ·

Is dit net ek of is die artikel vreemd…. Dit is vandag Dinsdag die 10.12.2013, maar die ongeluk het Woensdag plaasgevind?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.