Afname in jagkoste

Dié foto wat Bachman op Facebook en Twitter gelaai het, het 'n herrie op sosiale netwerke veroorsaak.

Dié foto wat Bachman op Facebook en Twitter gelaai het, het ‘n herrie op sosiale netwerke veroorsaak.

Suid-Afrika het in 2012 glo R90 miljoen minder verdien uit toeriste wat in die land kom jag, as in 2011.

Volgens Adri Kitshoff, hoof uitvoerende beampte van die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (PJSA), is dié inligting vervat in die departement van omgewingsake se voorlopige statistiek vir 2012.

Die bevindings dui daarop dat toeriste, wat die land vir jagdoeleindes besoek, R811 miljoen in 2012 tot die ekonomie bygedra het, in vergelyking met R901 miljoen in 2011.

Renosterjag het die grootste afname getoon, met 85 minder renosters in 2012 as in 2011. Dit beteken dat slegs R36 miljoen deur renosterjag verdien is, vergeleke met R84 miljoen in 2011, het Kitshoff gesê.

Leeujag het die grootste toename getoon met 151 meer leeus wat in 2012 gejag is en ʼn inkomste van R122 miljoen verseker het. Leeujag het in 2011 R77 miljoen verseker.

ʼn Herrie het vandeesweek losgebars nadat Melissa Bachman, Amerikaanse televisiepersoonlikheid en grootwildjagter, ʼn foto op Twitter gelaai het langs ʼn leeu wat sy in Suid-Afrika geskiet het. Klik hier om meer te lees.

Die departement van omgewingsake kon nie bereik word om die bevindings te bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.