AfriForum bekommerd oor tekort aan verkragtingstoetsstelle

Die burgerregte-organisasie AfriForum sê dat daar nooit ʼn situasie behoort te wees waar toetsstelle vir seksuele aanranding of verkragting nie by polisiestasies beskikbaar is nie.

Reg Crewe, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid sê, dit sou ideaal wees as vrouens nie aangerand word nie en hierdie toetsstelle glad nie nodig sou wees nie. “Dit is egter onmoontlik om die realiteit in Suid-Afrika te ignoreer. Boonop word slagoffers se regte nou vertrap as gevolg van onbevoegde voorsieningsbestuur deur die regering,” het Crewe gesê. AfriForum het gereageer op onlangse berigte in die media dat Gauteng en die Noordwes ʼn tekort aan hierdie toetsstelle ondervind.

“Dit maak nie saak hoe goed die polisie se reaksie op ʼn verkragting is as daar geen forensiese bewyse is om bevindings te rugsteun nie. Suid-Afrika het reeds baie hoë vlakke van seksuele geweld. In die lig van die ernstige gevalle wat aangemeld word, en die sterk openbare reaksie, sou ‘n mens dink dat die regering hierdie saak as ernstig sou beskou en dringend daaraan aandag sou gee. Slagoffers verdien geregtigheid en uitgestelde geregtigheid is afgestelde geregtigheid,” het Crewe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.