AfriForum bekommerd oor waterbestuur in Suid-Afrika

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum is bekommerd oor die swak bestuur van water in Suid-Afrika ná die uitslae van sy nasionale watermoniteringsveldtog van 2013, bekend as die Blou- en Groendruppelveldtog. Verskeie AfriForum-takke dwarsoor die land het deelgeneem.

Volgens Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, kon die probleme met drinkwater vinnig reggestel word, maar rioolwater het beduidende gesondheidsrisiko’s vir gemeenskappe dwarsoor Suid-Afrika ingehou. “Nalatigheid by beplanning, bestuur en die instandhouding van infrastruktuur lei tot grootskaalse besoedeling van ons waterbronne. Dit kan beduidende risiko’s vir mense en die gemeenskap se gesondheid inhou,” het Kleynhans gesê.

“Die projek het die gehalte van drinkwater en behandelde water dwarsoor die land getoets om nakoming van nasionale standaarde te verseker. Die monsters is deur onafhanklike SANAS-geakkrediteerde laboratoriums getoets en die uitslae is geanaliseer,” het Kleynhans gesê.

Bloudruppel

Die Bloudruppel-uitslae het 3 munisipaliteite uitgewys waar drinkwater nie aan nasionale standaarde voldoen het nie. Dit was die volgende:

  1. Groblersdal – Sekhukhune Plaaslike Munisipaliteit – met E.coli in die water. Die munisipaliteit is in kennis gestel en die probleem is binne 24 uur reggestel.
  2. Hertzogville – Tokologo Plaaslike Munisipaliteit – Die monsters het 14 mg nitrate per 100 ml water bevat, wat methemoglobinemie in babas kan veroorsaak. Dit volgens die Suid-Afrikaanse Riglyne vir Watergehalte volume 1: Huishoudelike watergebruik, tweede uitgawe, 1996 (SARWG)
  3. Elliot – Sakhiziwe Plaaslike Munisipaliteit – met E.coli in die water. Die munisipaliteit is in kennis gestel en die probleem is binne 24 uur reggestel.

Groendruppel

Hierdie uitslae het groot kommer gewek oor verantwoordelike watergebruik en die instandhouding van dienste deur die regering. “Tot dusver het 22 watersuiweringsaanlegte in ons projek aan die minimum standaarde vir rioolwater voldoen. 24 het nie, wat ʼn bedreiging vir die omgewing en diegene wat die water gebruik, inhou,” het Kleynhans bygevoeg.

Suid-Afrika se nasionale standaarde vir watergehalte maak voorsiening vir 1000 eenhede E. coli per 100 ml water in behandelde riool. Munisipaliteite wat nie hieraan voldoen nie, sluit in:

DorpMunisipaliteitE. coli-telling per 100 ml
SecundaGovan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit> 1 000 000
ZeerustRamotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit> 1 000 000
BrandfortMasilonyana Plaaslike Munisipaliteit> 1 000 000
WarmbadBela-Bela Plaaslike Munisipaliteit> 1 000 000
LydenburgThaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit> 1 000 000
NaboomspruitMookgophong Plaaslike Munisipaliteit> 1 000 000
ThabazimbiThabazimbi Plaaslike Munisipaliteit> 920 000
HartbeespoortMadibeng Plaaslike Munisipaliteit> 160 000
BothavilleNala Plaaslike Munisipaliteit> 120 000
LichtenburgDitsobotla Plaaslike Munisipaliteit> 120 000
PhalaborwaBa-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit> 110 000
VryburgNaledi Plaaslike Munisipaliteit> 87 000
RooiwalStad Tshwane Metro> 77 000
Louis TrichardtMakhado Plaaslike Munisipaliteit> 40 000
ElliotSakhisizwe Plaaslike Munisipaliteit> 36 000
JeffreysbaaiKouga Plaaslike Munisipaliteit> 34 000
NylstroomModimolle Plaaslike Munisipaliteit> 29 000
BelfastEmakhazeni Plaaslike Munisipaliteit> 19 000
Marble HallSekhukhune Distriksmunisipaliteit> 17 000
MargateHibiskus-kus Plaaslike Munisipaliteit> 10 000
KlerksdorpStad Matlosana Plaaslike Munisipaliteit> 3 500
WinburgMasilonyana Plaaslike Munisipaliteit> 2000
KimberleySol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit> 1600
PotgietersrusMogalakwena Plaaslike Munisipaliteit> 1200

Die uitslag van die 2013-verslag sal gebruik word om dieselfde infrastruktuur in 2014 te meet.

AfriForum sal dwarsoor Suid-Afrika met al die hulpbronne tot sy beskikking optree om te verseker dat probleme onmiddellik opgelos word ten einde hierdie kosbare hulpbron te bewaar.

SMS die naam van jou dorp na 32277 om AfriForum te ondersteun in hierdie inisiatief om die volhoubare gebruik en beskerming van ons waterbronne te verseker. (R1/SMS)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.