AfriForum bekyk dorpe se water

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag sy eie nasionale Blou- en Groendruppel-takprojek begin.

Volgens Julius Kleynhans, AfriForum se hoof van omgewingsake, vorm die projek deel van ʼn inisiatief om die gehalte van munisipale drinkwater en rioolafvalwater in AfriForum se 125 takke landwyd te toets. “AfriForum wil vanjaar water in ons munisipaliteite monitor om te verseker dat die kwaliteit op standaard is, sodat die volhoubaarheid en bewaring van hierdie kritieke hulpbron bevorder kan word,” het Kleynhans gesê.

“Indien daar versuim word om aan standaarde te voldoen, sal daar druk op munisipaliteite toegepas word om in te tree. Indien dit geen vrugte afwerp nie, sal regstappe teen die oortreders ingestel word,” het Kleynhans gesê.

“Suid-Afrika staar ʼn geweldige krisis in die gesig weens die wanbestuur van ons waterbronne en infrastruktuur en dit sal nie langer geduld word nie. Ons kort politieke wil, bekwame finansiële en infrastruktuurbestuur en die samewerking van gemeenskappe in ons munisipaliteite om hierdie kritieke hulpbron volhoubaar te beskerm,” het Kleynhans bygevoeg.

AfriForum stuur hiermee by die #dinkwater-inisiatief van stapel om mense van watergehalte en -kwessies bewus te maak. Ons nooi die publiek uit om as waghond op te tree en waterkwessies by AfriForum aan te meld. Jy kan ook laat weet of die water in jou dorp skoon is. SMS “JA” of “NEE” na 32277. (R1/SMS)

Die projek toets drinkwater- (Bloudruppel) en rioolafvalwaterkwaliteit (Groendruppel) om te verseker dat dit aan die nasionale standaarde voldoen. Watermonsters word deur onafhanklike SANAS-geakkrediteerde laboratoriums getoets en al die uitslae sal op 17 Maart 2014 bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.