Die burgerregte-organisasie AfriForum sal Donderdagaand omstreeks 18:00 ’n noodvergadering met gemeenskapleiers in die Wallmansthal-gebied hou om die gemeenskap te mobiliseer teen plaasaanvalle.
Gedurende die afgelope 5 dae het daar 5 aanvalle in die gebied plaasgevind:
- 12 Januarie – Wallmansthal-omgewing. ‘n R5-aanvalsgeweer wat na bewering net aan die SAPD uitgereik word, is gebruik om die slagoffers, wat in hulle sestigerjare is, aan te val. Die boer is gewond en elektroniese toestelle is gesteel.
- 14 Januarie – Waterval-omgewing buite Pretoria. Die boer is buitentoe gelok en met ‘n panga aangeval.
- 14 Januarie – Wallmansthal. ‘n Boer is aangehou en aangerand.
- 16 Januarie – Wallmansthal. Aanvallers het die huis binnegekom en die gesin aangehou. ʼn R5-aanvalsgeweer is teen die 4-jarige seuntjie se kop gedruk. Skote is in die huis afgevuur maar niemand is gewond nie. Selfone en huishoudelike goedere is gesteel.
- 16 Januarie – Wallmansthal. Aanvallers het die huis van Belinda Jooste binnegekom en haar en haar 14-jarige seun aangehou. Daar is ook geskiet maar niemand is beseer nie. Sy en die seun het deur die veld gehardloop na bure toe om hulp te gaan soek. Belinda se ouers is verlede jaar in Soshanguve doodgeskiet ná ‘n roof.
“Die staat en die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan nie die veiligheid van boere verseker nie. Ons moet dit self doen. Boonop weier die SAPD om maatreëls in te stel wat kan help om plaasaanvalle te verhoed. Hulle laksheid oor hierdie saak begin na aandadigheid lyk,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.
Hierdie barbare,word aangese om die boere te vermoor,sodat hulle die plase kan kry.Want wanneer eindig dit.
Ons Regering is stil soos die graf,hoekom?
Slaan Ian Cameron die spyker op sy kop ! Weereens, inisiatief geneem deur AfriForum.
Ons ondersteun dit wat julle en enige organisasie doen om ons Boer te beskerm. Die staat is onbevoeg. Ek herhaal. Verander van die denke dat dit net met ander gebeur. Kry dit in julle koppe dat en vra wanneer is my beurt en raak paraat. Plaas ook weer di twee links. Luister dit gerus.
http://www.youtube.com/watch?v=UgoVMggojlM
http://www.youtube.com/watch?v=TS_2MkoOCtc&list=PLlK6twzBD6TAlv71Hm3hYamXhX6KcL1sa
Malema was reg. Ons Blankes se “honeymoon” is verby. Ons moet ophou om n “ek is jammer ek is wit” houding te hê en begin besef waarmee ons te doen het. Gatkruip gaan ons nêrens bring nie.
Wakker word Witman !!!!
http://www.youtube.com/watch?v=UgoVMggojlM
Die tyd het lankal aangebreuk om te staan en veg. Ongelukkig stan nie al ons wit mense saam nie. Net hier en daar sal ons n paar groepe kry wat saam staan. Mag die doene van AfriForum als verander en die wit mens by mekaar kry. Onthou een ding,,, GOD is Goed.
Blankes staan nie saam nie, alleenlik klein groepies . Die algemene slap houding van “Wat kan ons nou eindelik doen?” moet eindig. Ons land het die dikste polisie, en tronkbewaarders….en GYSEL MY ASB! ook die dikste blanke mans en vroue tans. Ons wil net lekker leef en nie betrokke raak nie. Kom reg mense! begin in julle eie omgewing, manne loop snags te same wag! doen julle eie tuinwerk en huis skoonmaak dan bly julle gegewens onbekend. Ons kan veel vermag as ons almal saam staan.
Agriforum kan nie alleen die las dra nie, ons ondersteuning is nodig! ruk julle self reg en onthou om na Australia te gaan is geen antwoord nie. Ons voor ouers het vir hierdie land geveg, gesterf, was verban na kampe in die vreemde , maar het weer opgestaan uit die ellende……nou is dit ons beurt…laat ons voort bou op hulle geloof en sterkte.