AfriForum beplan verskerpte veldtog teen plaasmoorde

AfriForum het Woensdag aangekondig dat hy aanstaande maand ’n verskerpte veldtog van stapel sal stuur teen die regering se weiering om plaasmoorde te prioritiseer. Die organisasie is ook tans besig met die opstel van ’n dokument, getiteld “Die Mthethwa-dossier”. Die dokument bevat die besonderhede van tien gevalle in die afgelope twee jaar waartydens slagoffers wat geliefdes aan plaasmoorde afgestaan het gepoog het om die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se ingryping teen plaasmoorde te vra. Hul pogings is telkens met minagting begroet.

Hierdie stap volg nadat die nasionale polisiekommissaris, Generaal Riah Phiyega, Dinsdag aan die Wes-Kaapse wetgewer weereens bevestig het dat die polisie bevoeg is om spesialiseenhede vir spesifieke misdade daar te stel. Generaal Phiyega se antwoord op ’n navraag oor die instelling van spesialiseenhede vir spesifieke misdade word vandag in die dagblad Beeld aangehaal: “As dié ding (met verwysing na spesifieke misdade) regtig handuit ruk, sal ons daarna kyk.”

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum het gesê dat plaasmoorde dekades gelede handuit geruk het en dat die polisie nie net weier om spesialiseenhede hiervoor in te stel nie, maar selfs net om te erken dat dit ’n krisis is. “Plaasmoorde is ’n unieke misdryf en unieke misdrywe verg unieke teenstrategieë. Dit lyk egter of die polisiekommissaris en Minister Mthethwa in besonder, nie bereid is om hierdie werklikheid te erken nie.”

Roets het bygevoeg dat die probleem primêr by die minister se kantoor lê. “Daar is geen rasionele verduideliking waarom plaasmoorde nie prioritiseer moet word nie. Ons vermoed egter dat ’n erkenning van die probleem ’n politieke verleentheid kan skep vir die regerende ANC, wat boere dikwels as politieke slaansakke gebruik.”

Meer besonderhede oor die veldtog sal eersdaags uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Trippie ·

Nathi Mthethwa het mos beweer dat plaasmoorde NIE prioriteit is bo enige ander moord nie !

GO AFRIFORUM, GO !!!

Seg Net ·

Kon ek seg julle vandag hier op ‘n openbare forum. Plaasmoord sal as prioriteit misdaad erken word, plase sal patrolleer word en ‘n spesiale ondersoek span vir plaasmoord sal ingestel word indien daar swart faffer boere vermoor word. Voor dit kan ons dit maar vergeet.

Stoere Boer ·

Plaas Moord sal nooit ‘n prioriteit word. As dit ‘n swart boer is sal die misdadigers net gouer opgespoor word want dan is dit ‘n prioriteit maar die wit boere se sake sal maar nog sloer.

Trippie ·

Bly jy gebruik nie die hoofletter “B” nie … want boer kan die “boere” nie boer nie ! Hoeveel suksesvolle teerpaal-boere het al hulle merk gemaak ?

Vasvat ·

Afriforum,ons staan bankvas agter julle,dank Vader ons het n Afrikaanse organisasie wat ons stem is.

G@TVOL ·

Wel,,, wat my aanbetref is dat die regering die grond soek en niks gaan doen daaraan nie. Plaas die smurfies Zimbabwe toe gaan en ons boere uit los,,, miskien was dit ook lankal tyd vir n Burger oorlog, want ons land gaan baie vinnig agter uit. n Burger oorlog sal baie lewens neem en dis nooit n mooi idiee nie, maar om n beter toekoms te he en regverdig te lewe is dit som tyds nodig. Ons land word regeer deur n dictator,,, dit lyk nie so met die oog nie, maar sit en kyk mooi.
ONS VIR JOU SUID AFRIKA
AMEN!!!!!!

hl ·

daar moet eenvoudig ‘n geen verdra (no tolerance) beleid ingestel word. hoekom verdien moordenaars enige regte en dat ‘n mens moet luister hoekom onskuldige mense doogemaak word. mense wat heel waarskynlik vir hulle ‘n dak oor hulle kop en ‘n werk gegee het. ek sê mensdom moet terug na die basiese dinge gaan en besef hoe bevoorreg mens werklik is om ‘n sterk landboubedryf (met sy probleme) te hê. Ons Afrikaners moet Afriforum in hierdie poging ten sterkste ondersteun!!!

mickey ·

Die Regerende party sal sorg dat hulle altyd die hef in die hand het net soos mugabe ons blankes is n bedreiging vir hulle op alle vlakke intelektueel en ook wat ons durf aanbetref ons kan van enige slegte situasie n positiewe bydra lewer al word ons plaasmense oor die hoof gesien met goed soos plaasmoorde , hoe inset kostes , dieselpryse wat die hoogte inskiet met veral planttyd buitensporige hoe loonwette en bykans geen hulp tydens natuurrampe nie die boere is versaak maar die nasie eet lekker kyk net na al die drillende blink wange as hulle so belangrik wil klink op tv lagwekkend en tragies, maar nietemin ons staan getrou elke dag op met nuwe moed en pak ons dae aan met ywer en probeer maar vergeet dat ons elke dag n onbewapende oop teiken is vir geweldadige barbare wat optree met die stilswyende goedkeuring van hul regering

Phil. ·

as die regering ophou om sangomas te raadpleeg oor als en eerder God te raadpleeg kon dit dalk beter gegaan het hier.

chris bez ·

Self ‘n slagoffer van plaasaanval! Sal nooit sy wooerde “Today I am going to kill you you white basterd” vergeet nie.Na skiet in rug is ek verlam in regterbeen maar dank GOD my vrou en ek het oorleef.Polisie ondersoek so goed as niks.Gesluit!! As oud bewaarder se ek Bring Doodstraf terug soos wat ons dit gehad het vir Halsoortredings .Dan sal Moord Roof Vekragings drasties afneem.Kyk na ons regerende GROOT menere se kriminele agtergrond dan is dit geen geheim oor die rede vir ons land se agteruitgang nie.’N Land. Wat met wit bloed betaal is.GOD help ons!!! Ons het U nodig.

chris bez ·

Polisie ‘ n sirkus!Kan nie poging tot moord oplos. Maar kan siviele sake wat duer swart mense oor onbenollighede onmiddelk ondersoek as dit teen ‘n wit besigheidsman of wit boer is.Selfs ondersoek na plaasaanval op my en my vrou waarin ek geskiet en verlam is word op die agtergrond geskuif.Dankie vir hierdie organisasie.Ons staan bankvas agter julle!!!EMANUEL!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.