AfriForum eers Vrydag in hof oor Zim-helikopters

Alouette III

Die burgerregte-organisasie AfriForum sal nie vandag die dringende hof by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria nader oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se voorgenome lewering van Alouette III-helikopters aan die Zimbabwiese Lugmag nie.

AfriForum is in kennis gestel dat die regter wat dringende sake hanteer, die saak vir eerskomende Vrydag op die hofrol geplaas het.

Maroela Media het Maandag berig dat AfriForum vandag die hooggeregshof sal nader om ‘n stokkie voor SANW se skenking te steek. Dit het op 25 Januarie vanjaar aan die lig gekom dat die SANW besluit het om al sy oortollige Alouette III-helikopters aan die Zimbabwiese Lugmag te skenk. Die helikopters het oortollig geraak met die ingebruikneming van Italiaans vervaardigde helikopters wat as deel van die veelbesproke wapentransaksie deur die SANW aangekoop is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.