AfriForum eis swaar strawwe vir boer se moordenaars

David Hall

Die hofsaak van twee mans wat daarvan aangekla word dat hulle David Hall vermoor het, is Dinsdag in die Potchefstroomse hooggeregshof voortgesit. Hall en sy vrou, Bernadette, is op 20 Februarie 2012 op hul melkplaas net buite Fochville aangeval. Hall is doodgeskiet. Sy vrou is tydens die aanval wreed aangerand.

Die burgerregte-organisasie AfriForum woon die hofverrigtinge by om die Hall-familie te ondersteun. Volgens Reg Crewe, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, word dit al duideliker, namate die gebeure ontvou, dat roof nie die hoofmotief vir die aanval was nie.

Crewe sê die Halls verdien dat geregtigheid in die hof geskied. “Bernadette word nou weer getraumatiseer omdat sy gedwing word om die dag te herleef. Ons verwag egter dat geregtigheid sal geskied en eis die swaarste moontlike strawwe vir hierdie twee vermeende moordenaars. Ons verwag ook van die polisie om hulle drie makkers op te spoor en dié ook aan die kaak te stel,” het Crewe gesê.

Die twee beskuldigdes, Paulos Moloi (33) en Amos Nyangiwe (29), staar lewenslange tronkstraf in die gesig indien hulle skuldig bevind sou word. Daarbenewens kan hulle ekstra tronkstraf uitdien vir die ander aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.

Tot dusver het die minister van polisie, Nathi Mthethwa, botweg geweier om AfriForum se versoek toe te staan dat plaasaanvalle geprioritiseer word en dat spesialisbeskermingseenhede vir landelike gemeenskappe daargestel word. Hy het dit egter gedoen vir ander misdade soos renosterstropery en kabeldiefstal.

Die saak duur voort

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

mina ·

klink wreed maar kom ons gee vir hulle plase en gaan vermoor hulle een vir een dan moet jy sien hoe vinnig gaan daar dan gereageer word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.