AfriForum en slagoffers versoek MRK-verhoor oor plaasmoorde

AfriForum gaan Donderdag, saam met ʼn slagoffer wie se man onlangs in ʼn plaasaanval vermoor is, ʼn klagtebundel by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) indien en versoek dat die kommissie ʼn formele openbare verhoor oor plaasmoorde inisieer.

AfriForum vra dat daar spesifiek gefokus moet word op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se traak-my-nieagtige houding oor hierdie misdaadverskynsel. AfriForum gaan spesifiek versoek dat die kommissie die minister dagvaar om voor die kommissie te getuig oor sy versuim om teen hierdie soort misdaad op te tree. Die klagtebundel sal bestaan uit die klagtes van nege persone wat geliefdes aan plaasmoorde afgestaan het.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat plaasaanvalle krisisafmetings aanneem, maar dat die minister en die departement van polisie nie net weier om ʼn teenstrategie vir plaasmoorde uit te werk nie, maar selfs ontken dat dit ʼn krisis is. AfriForum het vroeër vanjaar die briewe van 100 slagoffers van plaasaanvalle aan minister Mthethwa oorhandig. Nog voordat die briewe die minister bereik het, het sy kantoor ʼn mediaverklaring uitgereik waarin die slagoffers se oproepe om ingryping as ʼn “publisiteitsfoefie” afgemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize ·

En Agriform moet ook ingaan,hoekom daar nooit van die wrede moorde op die nuus, vir die hele wereld vertel word nie.
Want die wereld weet niks wat hier aangaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.