AfriForum gaan Malema strafregtelik aankla oor grondbesetting-uitlatings

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, gaan Donderdag ʼn strafregtelike klag teen die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, lê nadat hy glo tydens ʼn saamtrek in Johannesburg mense aangemoedig het om grond sonder toestemming te beset.

Malema het glo Woensdag tydens ʼn saamtrek in Thembelihle, suid van Johannesburg, mense aangemoedig om grond te beset sonder toestemming indien die regering dit nie aan hulle oorgee nie. AfriForum se hoof van mediaskakeling, Leané du Plessis, sê die organisasie het regsadvies hieroor ingewin. “AfriForum het op regsadvies verneem dat hierdie optrede van Malema op sigself die misdryf van uitlokking tot sedisie daarstel en dat hy strafregtelik daarvoor vervolg kan word”. Du Plessis sê ʼn strafregtelike klag sal Donderdagmiddag om 15:00 by die Wierdabrug-polisiestasie in Valhalla, Centurion ingedien word. Du Plessis sê ʼn reeks ander misdrywe, wat uitlokking tot openbare geweld en uitlokking tot betreding insluit, sal in die alternatief gepleit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.