AfriForum gaan nie vir e-tol registreer nie

e-tagDie burgerregte-organisasie AfriForum het besluit om nie voertuie wat vir die organisasie se werksaamhede gebruik word, vir e-tol te registreer nie.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het daarop gewys dat indien genoeg motoriste uit protes ook nie registreer nie, dit die stelsel onwerkbaar sal maak en Sanral sal dwing om weer te besin oor die e-tolstelsel. Die stelsel sal gewoon nie koste-effektief kan wees nie.

Volgens Kriel verplig die wet niemand om ’n e-skyfie te koop nie.  AfriForum laat dit egter aan elke lid van die publiek oor om, met inagneming van die koste-implikasies, self te besluit of hulle soos AfriForum deel wil wees van die burgerlikeprotesaksie.

“Indien die publiek e-tol, ‘n duur verhalingsmeganisme met hoë administratiewe koste, sonder slag of stoot aanvaar en nie nou protes aanteken nie, sal dit die weg vir die regering baan om al hoe meer soortgelyke projekte van stapel te stuur, sonder om meer doeltreffende verhalingsmeganismes te oorweeg,” het Kriel bygevoeg.

Lees ook:
E-tolstelsel: Datum pas bekend gemaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

PURE BOER ·

Ek stem saam, as hulle n Politieke Party stig, gaan hulle beslis my kruisie kry, want die DA raak nes die ANC en voel vere

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.