AfriForum gereed om “Skiet die Boer” te verdedig

Die burgerregte groep, AfriForum, sê hy is gereed om die gelykheidshof se bevinding dat die “Skiet die Boer” -lied haatspraak is, in die appèlhof teen Julius Malema te verdedig.

Malema het Dinsdag appèl aangeteken by die hoogste hof van appèl teen die gelykheidshof se beslissing dat hy skuldig is aan haatspraak. Die saak sal na verwagting in September gehoor word. Malema het vroeër aansoek gedoen om direkte appèl by die konstitusionele hof. Die aansoek is van die hand gewys. AfriForum sê die organisasie het reeds die eerste, tweede en derde rondte van die hofstryd teen Malema se haatspraak gewen en “sien daarna uit om ook in die volgende rondte in die appèlhof sukses te behaal.” AfriForum sê indien nodig is hulle ook bereid om die saak in die grondwetlike hof te voer. AfriForum sê indien die grondwetlike hof in Malema se guns beslis sal die organisasie die saak verder by die Verenigde Nasies (VN) en ander internasionale forums voer.

AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het verlede week reeds tydens sy spreekbeurt by die Menseregteraad van die Verenigde Nasies (VN) se konferensie oor minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, afgevaardigdes ingelig dat plaasmoorde in Suid-Afrika krisisafmetings aanneem. Hy het aangevoer dat Malema nogtans voortgaan om die gebruik van die slagspreuk “Skiet die Boer” te probeer verdedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.