AfriForum gereed om Zimbabwe-appèl in grondwethof te verdedig

Willie Spies, Afriforum-regsverteenwoordiger

AfriForum se regspan is gereed om die regering van Zimbabwe se beplande appèl, na die grondwethof, oor die registrasie van ’n bevinding van die SAOG-tribunaal te opponeer.

Die Zimbabwiese regering het gister by monde van sy prokureur-generaal, Johannes Tomana, bekendgemaak dat Zimbabwe die grondwethof gaan nader oor die registrasie van ’n bevel van die SAOG-tribunaal wat tot gevolg het dat Zimbabwiese eiendom in Suid-Afrika opgeveil gaan word.

AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, het in reaksie gesê die regspan van die Zimbabwiese boere is gereed om die saak in die grondwethof te verdedig. “Ons sal die prokureurs van die Zimbabwiese regering sowel as die Griffier van die grondwethof nader met ’n versoek dat die aansoek om verlof tot appèl as ’n saak van dringendheid voor die hof geplaas word, sodat regsekerheid oor die saak voor die einde van die jaar bereik kan word,” het Spies gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.