AfriForum-interdik keer dat Klerksdorp môre sonder krag sit

Foto: GCIS

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het laat Woensdagmiddag‘n dringende interdik aan AfriForum toegestaan waarvolgens Eskom verbied word om die Matlosana-munisipaliteit (Klerksdorp) se krag af te sny.

Ian Cameron, AfriForum se organiseerder in Noordwes, sê volgens die interdik moet die munispaliteit ook met Eskom ooreen kom oor die terugbetaling van sy agterstallige rekening van R91,8 miljoen. Eskom het vroeër aangedui dat hy Klerksdorp se krag Donderdag sou afsny. AfriForum het ʼn aansoek om ʼn dringende interdik by die Noord-Gautengse hooggeregshof gebring om dit te verhoed. Die interdik bepaal ook dat indien Eskom in die toekoms die munisipaliteit se krag sou wou afsny hy 90 dae vooraf skriftelike kennis aan al die partye, insluitend AfriForum, moet gee.

Die interdik volg op ‘n soortgelyke aansoek wat AfriForum op 22 Februarie gebring het. AfriForum het egter sy aansoek teruggetrek na die munisipale bestuurder sekere toegewings en ondernemings gemaak het. Ingevolge die stukke het Eskom, volgens die Munisipaliteit, ooreengekom het om nie die krag af te sny nie. “Daar het niks van die ondernemings en toegewings gekom wat die munisipale bestuurder namens homself en die munisipaliteit onder eed gemaak het nie. Ons is verlig daaroor dat die inwoners nie van morê af sonder krag sal sit nie. Die munisipaliteit word nou deur die hof verplig om sy plig na te kom en te doen waarvoor die publiek betaal,” het Cameron bygevoeg.

Die munisipale bestuurder en die munisipaliteit moet weer op 16 April 2013 aan die hof rapporteer oor die vordering wat gemaak is ten aansien van die terugbetaling van die agterstallige rekening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H J Bester ·

Mens sou ook maar net kon hoop dat die bevel ook sou inhou dat die onbevoegdheid in die Munisipaliteit wat tot hierdie netelige situasie aanleiding gegee het, ook aan die kaak gestel kon word. Uit al die vorige lesse in hierdie verband, is dit teleurstellend dat die ANC-regering min tot geen optrede geloods het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.