AfriForum Jeug bring hofaansoek oor jeugopleiding by millitêre basis

AfriForum Jeug gaan ʼn hofaansoek bring om besonderhede te kry oor opleiding wat in die komende week by die Saldanha millitêre basis gaan plaasvind.

Die organisasie het vanaf ’n vertroulike bron verneem dat die groep wat by Saldanha ingeneem word, vanuit die ANC-jeugliga se geledere gewerf is. Dit kon nog nie bevestig word nie Die aansoek het ten doel om die departement van verdediging, die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming en die National Rural Youth Service Corps (NARYSEC) te verplig om inligting oor die opleiding bekend te maak. AfriForum Jeug het vasgestel dat bykans 8 000 jongmense in die nabye toekoms opleiding by militêre basisse sal ontvang waar hul onder meer in lewens- en ambagsvaardighede opgelei gaan word. Volgens die organiseerders gaan die jongmense in “patriotisme” en “dissipline” opgelei word, maar gaan hul nie “militêre opleiding” ontvang nie. ’n Groep is reeds by De Brug militêre basis in Bloemfontein opgelei en 1 000 jongmense word in die komende week by Saldanha ingeneem. AfriForum Jeug sal die moontlikheid van verdere stappe oorweeg sodra die inligting bekendgemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.