AfriForum Jeug se kranslegging vir slagoffers van ANC-terreuraanvalle

AfriForum Jeug gaan Sondag, 8 Januarie, ’n kransleggingseremonie in Pretoria hou ter nagedagtenis aan die mense wat in die ANC se terreuraanvalle op burgerlikes gedurende die tagtigerjare gesterf het.

Mnr. Dirk van Eck – wie se vrou Kobie (34) en twee kinders, Ingasius (2) en Nelmari (9), op 15 Desember 1985 in ʼn ANC-landmynaanval naby Musina gesterf het, gaan ook die seremonie bywoon. Volgens Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, is daar besluit om die seremonie op die ANC se eeufees te hou sodat jongmense nie uitgelewer word aan die eensydige en geromantiseerde weergawe van die ANC se geskiedenis nie. Die seremonie val saam met die ANC se eeufees en sal op die presiese plek waar die ANC die sogenaamde Kerkstraatbom op 20 Mei 1983 laat ontplof het gehou word. Die oorgrote meerderheid van die slagoffers was burgerlikes. Tien mense het gesterf en 114 is beseer. Die funksie vind op 8 Januarie om 12:00 in Kerkstraat, tussen Schubart- en Bosmanstraat, Pretoria plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.