AfriForum Jeug steek ras weg by parlement

kous sakkeAfriForum Jeug gaan Dinsdag ʼn memorandum teen rasseklassifikasie by die Suid-Afrikaanse Parlement indien en protes teen sodanige klassifikasie aanteken deur koussakke oor hulle koppe te trek. Vier baniere van vier universiteitskampusse wat deur studente onderteken is, sal ook oorhandig word.

“Ons wil uitbeeld dat ras nie geleenthede in Suid-Afrika behoort te bepaal nie. Regstellendeaksie-beleide beteken dat hul velkleur steeds studente se toekoms bepaal,” het die nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, Charl Oberholzer, gesê.

Die memorandum versoek dat studente die vrye keuse gegun moet word om nie hulle ras op toelatings- of beursvorms aan te dui nie. Die oorhandiging sal deur ʼn afvaardiging van studenteleiers vanaf die Universiteit van Stellenbosch, Universiteit van die Vrystaat, Universiteit van Pretoria en die Noordwes-Universiteit gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Dankie studente dat julle bereid is om ‘n kwellende saak op hierdie wyse onder die aandag van die Owerhede te bring. Regstellende aksie sterk niemand in Suid-Afrika tot voordeel nie en is op sy beste diskriminerend van aard. Verder is dit geskoei op rasseklassifikasie wat indruis teen die grondwet van die land. Dis destyds met die demokratisering in 1994 as ‘n “tydelike vergunning” aanvaar maar blyk dit nou sommer lewenslank geldig te bly. As niemand daarteen beswaar maak nie sal die Owerhede ook iets daaraan doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.