AfriForum Jeug vier die Afrikaanswording van Tukkies

tuks afrikaans

Studente vier vandag die 81ste herdenking van die Afrikaanswording van Tukkies

Studente vier vandag [Woensdag] die 81ste herdenking van die Afrikaanswording van die Universiteit van Pretoria (UP) deur ’n lentedagpiekniek te hou ter nagedagtenis aan dr. Anton Rupert se tradisie wat hy in 1933 begin het. Afrikaans is in 1932 by die UP ingestel en net soos die eerste herdenkingspiekniek, vier AfriForum Jeug dit vanjaar op die UP se Aula-grasperk.

“Moedertaalonderrig is vir ons ’n riem onder die hart en vandag vier ons daardie voorreg om in Afrikaans te kan studeer”, het Barend Taute, voorsitter van AfriForum Jeug Tukkies, gesê.

Sedert dr. Rupert se herdenkingsaksie op 13 September 1933 is Lentedag by Tukkies as ’n amptelike vakansiedag ingestel.

“Prof. Chris Barnard het die eerste hartoorplanting in Afrikaans gedoen en die UP het Suid-Afrika in 1951 die derde land ter wêreld gemaak wat ’n MBA-program aangebied het, naas Amerika en Kanada, en dít in Afrikaans. Ons het baie om op trots te wees,” sê Taute.

“Afrikaans aan die UP is deesdae egter op die afdraande pad en in fakulteite soos Opvoedkunde word so min as 32% van klasse nog in Afrikaans aangebied. AfriForum Jeug sal sy stryd voortsit om moedertaalonderrig op Tukkies ten alle koste te beskerm”, het Taute afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amy ·

My taal (AFRIKAANS) is vir my soos heuning op die tong. Soet en sag en lekker!!! Afrikaans is die beste!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.