AfriForum kap ANC oor plaasmoorde by VN-konferensie

Die burgerregte-organisasie AfriForum het tydens konferensie by die Verenigde Nasies (VN) ʼn beroep gedoen op die internasionale gemeenskap om die krisisafmetings wat plaasmoorde in Suid-Afrika aanneem, ten sterkste te veroordeel.

Afgevaardigdes van AFriForum het die VN Menseregteraad se konferensie oor minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland bygewoon. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het tydens die geleentheid eksemplare van die Engelse weergawe van die boek Treurgrond, wat handel oor plaasaanvalle in Suid-Afrika, aan die sekretariaat van die VN se Menseregteraad en ander prominente internasionale rolspelers oorhandig. AfriForum het aan afgevaardigdes gesê dat plaasmoorde in Suid-Afrika krisisafmetings aanneem en dat die ANC nogtans voortgaan om die gebruik van die slagspreuk ‘Skiet die Boer’ te probeer verdedig. “Terwyl die ANC aanvoer die slagspreuk moet nie letterlik opgeneem word nie, word boere, vroue en kinders letterlik op plase vermoor,” het Kriel gesê. AfriForum sê sy standpunt dat geweld teen minderhede ten sterkste veroordeel moet word, het groot steun van afgevaardigdes ontvang. Volgens Kriel is dit tyd dat die regerende party in Suid-Afrika verantwoording aan die internasionale gemeenskap moet doen oor sy verdediging van haatspraak teenoor boere, terwyl tientalle boere jaarliks vermoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jAN SERFONTEIN ·

Dankie afriform hierdie was nog n groot daad van julle. Julle is ons spreuk buis. Ons hoop die vn regeer posetief hier op. Sterkte met die groot werk wat julle daagliks vir ons doen teen hierdie korupte anc regering wat vir geen wit vel iets omgee nie!!! DANKIE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.