AfriForum: “Kulturele vandalisme van Pretoria se naam belemmer Erfenisdag”

pretoria naambordVolgens die burgerregte-organisasie AfriForum word vanjaar se Erfenisdag belemmer deur die Tshwane Metroraad se hernieude pogings om Pretoria se naam te verander. AfriForum beskou dit as ʼn daad van kulturele vandalisme. Dié reaksie volg nadat die Tshwane Metroraad aangekondig het dat ʼn tweede openbare deelnameproses op 12 Oktober gevolg sal word as poging om Pretoria se naam te verander.

Die Tshwane Metroraad weier om die uitslag van die eerste openbare deelnameproses te aanvaar, nadat 81% van inwoners wat daaraan deelgeneem het, aangedui het dat Pretoria se naam behou moet word.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is Erfenisdag ʼn dag waartydens wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe en hulle erfenisse bevorder moet word. “Die metroraad het egter met die voorgestelde naamsverandering besluit om ʼn deel van die stad se inwoners te verstoot en hulle erfenis te probeer vernietig,” het Kriel gesê. Kriel voer aan die metroraad se houding jeens Pretoria se naam is miskennend en minagtend.

Kriel het daarop gewys dat die huidige oplossing, waarvolgens die metroraad as Tshwane en die stad as Pretoria bekendstaan, alle gemeenskappe se erfenisse erken en wedersydse respek bevorder. “Deur aan hierdie wen-wen-oplossing te torring, slaan die metroraad ʼn koers van polarisasie in – iets wat tot almal se nadeel is,” het Kriel gesê.

Kriel doen namens AfriForum ʼn beroep op diegene wat P8retoria se naam ondersteun, om seker te maak dat hulle op 12 Oktober een van die metroraad se openbaredeelnamevergaderings in dié stad bywoon, om standpunt ter behoud van die stad se naam in te neem. 12 Oktober sal volgens Kriel waarskynlik Pretorianers se laaste kans wees om as deel van die openbaredeelnameproses hulle stem te laat hoor. “Diegene wat nie die vergaderings bywoon nie, sal stukrag gee aan die klein groepie politieke ideoloë wat Pretoria se naam wil verander,” het Kriel bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Flash ·

Nou kyk mense, die ANC’s het mos al duidelik bewys dat hulle net hulle eie sinistere blanke haat gedrewe agenda volg. Hulle sal dus die volgende meningsopname laat een nag in Mamelodi laat uitvoer en dan ‘n 80% oorwinning vir verandering na hulle agenda verkry.
Selfs die BEE maatskappy wat die sogenaamde opname kammig sal doen sal betaal word uit Pretoria belastingbetalers se geld, en enige regsgedinge daarna sal teen die belastingbetalers se rekening aangeknoop word. Ware belastingbetalers van Pretoria verloor dus drie maal.

Dit tyd het aangebreek dat die belastingbetalers in wyke wat nie deur die ANC rassiste beheer word nie, hulle bymekaar skaar en eensydige onafhanklikheid, oftewel selfbeskikking opeis. Dan kan die belastingbetalers hulle eie dienste, veral metro polisie, water en elektrisiteits verskaffing en normale munisipale dienste organieseer met behoorlik opgeleide en verantwoordelike mense, en die parasiete kan maar opsnork soos hulle wil. So bewys hulle uiteindelik dat Apartheid werklik die enigste werkbare politieke bedeling is in so ongebalanseerde samelewing. Twintig jaar se verrotting het duidelik bewys dat niks goed vanuit ‘n ANC rassistiese regime kan kom nie.

H J Bester ·

‘n Saak, asook die beroep wat AfriForum rig, wat ondersteun behoort te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.