Plaasaanvalle: AfriForum lê polisie-nalatigheid bloot

AfriForum gaan Woensdag ʼn verslag bekendstel waarin die growwe nalatigheid deur polisiebeamptes met betrekking tot die ondersoek van plaasaanvalle blootgelê word. Verskeie slagoffers van plaasaanvalle gaan die geleentheid bywoon en sal eerstehands vertel hoe hul regte geskend is as gevolg van swak polisie-ondersoeke.

Een van die slagoffers gaan onder meer vertel hoe twee aanvallers wat sy tydens ʼn uitkenningsparade as haar man se moordenaars uitgewys het, deur ʼn hof onskuldig bevind is nadat verdoemende forensiese getuienis nie deur die polisie opgevolg is nie. Die verslag is deur AfriForum se ondersoekeenheid opgestel.

Tydens die geleentheid sal AfriForum se afdeling vir gemeenskapsveiligheid ook ʼn Handleiding vir Slagofferbemagtiging bekendstel. Die handleiding sal verskeie aspekte met betrekking tot die proses ná ʼn misdaad dek, wat verskeie aspekte van die misdaadtoneel, die aflegging van beëdigde verklarings en getuienis in die hof insluit. Dié handleiding sal aan plaaslike strukture en honderde gemeenskapsveiligheidsnetwerke regoor Suid-Afrika versprei word.

Die verslag wat bekendgestel gaan word, sal deel vorm van die klag wat AfriForum onlangs by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien het. AfriForum sal ook opnuut ʼn beroep op Nathi Mthethwa, die minister van polisie, doen om sy houding teenoor plaasmoorde te verander en die misdaad te prioritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Flash ·

Ek wonder of die slagoffers nie ‘n ‘class action’ algemene eis van nalatigheid teen die minister en teen die staat aanhangig kan maak nie? Hulle is almal belastingbetalers en daarom geregtig op polisie beskerming, terwyl die gedrogte wat ons mense uitmoor, heel waarskynlik nog nooit in hulle nuttelose bestaan enige bydrae tot die welvaard van die land of enige iemand bygedra het nie.

Tweedens, die minister van polisie is heel waarskynlik net so rassis soos sy president en sing seker ook hartlik ‘kill the boer’ saam met sy mede rassiste, so verseker gaan hy niks doen om hulle moordtog te halt nie. Ek vermoed sterk dat as die klomp ANC elite byeen is om so paar bottels Chivas Regal, lag hulle heerlik oor die uitvoering van hulle beleid deur die ‘dispensibles’.
Ondertussen woon en werk en betaal ons heerlik belastings omdie kaders gelukkig te hou…

Rena Brown ·

Ek kan ook getuig van nalatigheid aan die kant van die Saldanha Polisie toe ek ook deur 3 barbare aangerand was om my van my handsak te beroof. Die messe wat op my gebruik was, was aan die polisie oorhandig en ek het persoonlik die skuldiges aan die polisie uitgewys, maar absoluut niks van die saak geword nie. Ek, inteendeel loop met onverwerkte kwaad wat my binneste opvreet. Die skuldiges loop steeds vry rond opsoek na hul volgende slagoffer. Ek word elke keer daaraan herinner waanneer ek nie my regterhand kan gebruik, omdat die barbare die tendons afgesny het.

alta ·

Ek volg graag die gebeure hier met die plaasmoorde……My man is destyds in “Rhodesie”op die plaas vermoor..duer terroriste..sogenaamde “Freedom fighters”…dis maar presies wat hier gebeur…die word net nie by die name genoem nie..maar glo my..dis PRESIES dieselfde wat met plaasmoorde gebeur..die wreedheid..om blankes van hul plase te verdryf….dit is alles so sinneloos..en die mense aan die Land se bestuur..maar net dieselfde as daar by ons…..daar word net mooi niks aan gedoen nie!!!!!!

Mariaan ·

Dit is vir my as mens so on menslik wreed! Ek kan nie glo dat dit so erg gaan met ons nie Maar laat dit daar nou net iets met hulle gebeur dan word dit somer wereld nuus ! Soos met die myn slagofers almal het daarvan te hoor ! En julle is almal reg oor Wat julle se ! Ons beteken niks vir die land nie die geskiedenis het homself al te veel Kere oor en oor herhaal . Ons Volk is verdeelt en ons staan te ver van mekaar af dis tyd dat ons ook meer bymekaar staan en ons stem laat hoor ! Eendrag maak mag Hoe meer ons ook van ons laat hoor hoe meer sal mense begin besef Wat is besig om met ons te gebeur ! En n ongekroonde dier sal ongekroond Bly tot die dag van sy dood

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.