AfriForum mobiliseer gemeenskap ná 5 plaasaanvalle

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gisteraand ’n noodvergadering met gemeenskapleiers in die Wallmansthal-gebied, buite Pretoria, gehou en die gemeenskap is gemobiliseer ná die afgelope week se plaasaanvalle.

Gedurende die afgelope 5 dae het daar 5 aanvalle in die gebied plaasgevind:

  • 12 Januarie – Wallmansthal-omgewing. ‘n R5-aanvalsgeweer wat na bewering net aan die SAPD uitgereik word, is gebruik om die slagoffers, wat in hulle sestigerjare is, aan te val. Die boer is gewond en elektroniese toestelle is gesteel.
  • 14 Januarie – Waterval-omgewing buite Pretoria. Die boer is buitentoe gelok en met ‘n panga aangeval.
  • 14 Januarie – Wallmansthal. ‘n Boer is aangehou en aangerand.
  • 16 Januarie – Wallmansthal. Aanvallers het die huis binnegekom en die gesin aangehou. ʼn R5-aanvalsgeweer is teen die 4-jarige seuntjie se kop gedruk.  Skote is in die huis afgevuur maar niemand is gewond nie. Selfone en huishoudelike goedere is gesteel.
  • 16 Januarie – Wallmansthal. Aanvallers het die huis van Belinda Jooste binnegekom en haar en haar 14-jarige seun aangehou.  Daar is ook geskiet maar niemand is beseer nie. Sy en die seun het deur die veld gehardloop na bure toe om hulp te gaan soek.  Belinda se ouers is verlede jaar in Soshanguve doodgeskiet ná ‘n roof.

“AfriForum het gisteraand help beplan aan ʼn insidentbeheerstelsel en noodplan in die gebied. Aangesien die polisiediens landswyd nie die hulp bied wat hulle moet nie sal ons self gemeenskappe beveilig. Ons kan plaasaanvalle beperk en selfs verhoed,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

AfriForum skep nou landswyd veiligheidsnetwerke en staan gemeenskappe by waar misdaad handuit geruk het. AfriForum bied opleiding in radiogebruik, selfverdediging, noodhulp en huis-/plaasbeveiliging aan.

“Ons is heeltemal bereid om op te tree indien die regering nie wil of kan nie,” het Cameron bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wilma Venter ·

Baie dankie dat julle gaan help om die boere en plaasinwoners te beskerm…. Die moorde op plaasboere het HEELTEMAL hand-uit geruk!
Selfs op kleinhoewes word inwoners nou aangerand en vermoor…..
Ons trek self na ‘n plaas toe in die Oudtshoorn omgewing… sal in George by Afriforum aansluit…
Ek se ook… GENOEG IS GENOEG….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.