AfriForum na Verenigde Nasies oor plaasmoorde

ʼn Afvaardiging van die burgerregte groep AfriForum sal volgende week die Verenigde Nasies se Menseregteraad Forum in Genève, Switserland bywoon vir bewusmaking van plaasmoorde in Suid-Afrika.

Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sal ook van die geleentheid gebruik maak om die sekretariaat van die VN se menseregteraad en ander prominente internasionale rolspelers met kopieë te voorsien van die boek Land of Sorrow, waarin die afgelope 20 jaar se plaasaanvalle in opgeteken is. Dié boek is in Afrikaans uitgegee as Treurgrond. Kriel sê AfriForum se deelname aan die konferensie is die volgende stap om die skending van menseregte en minderheidsregte in Suid-Afrika te internasionaliseer. “Die regerende party se besluit om saam met Julius Malema die liedjies en slagspreuke wat die moord van die Afrikaner propageer in ʼn hof te verdedig, dui duidelik op die Suid-Afrikaanse regering se onverskilligheid oor die feit dat al meer as 2 000 mense in plaasaanvalle vermoor is sedert 1994,” sê Kriel. Hy het bygevoeg dat die tyd aangebreek het vir die regerende party om te antwoord op die internasionale gemeenskap vir die regverdiging van haatspraak teenoor boere, terwyl talle van hulle elke jaar vermoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.