AfriForum ondersoek Vrystaat-webbladtender

In die lig van die onlangse inligting oor die webbladtender van die provinsiale regering van die Vrystaat, het die burgerregte-organisasie AfriForum ʼn ondersoek gelas na die omstandighede waaronder die tender toegestaan is om te bepaal of daar enige onreëlmatighede was.

“Ons het al die inligting van SITA (die Staatsinligtingstegnologie-agentskap) en die provinsiale regering van die Vrystaat aangevra en sal die inligting evalueer sodra ons dit ontvang het. Indien onreëlmatighede wel voorgekom het, sal ons regstappe oorweeg,” sê Ivan Herselman, adjunkhoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum.

Die webtuiste, wat na bewering R40 miljoen  gekos het, het Maandag en Dinsdag verskeie kere nie oopgemaak nie, omdat dit glo nie al die verkeer kon hanteer nie.

Lees ook:
Nuuskommentaar: WWW – Wragtig Wild Weggee
Foto’s: Vrystaat se webtuiste kos glo $40, regering betaal glo R40m
Regering spandeer glo miljoene op webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.