AfriForum soek antwoorde ná natuurreservaat aan kerk belowe is

Wolhuterskop Natuurreservaat. Foto: SouthAfrica.net

AfriForum het ʼn brief aan die minister van omgewingsake, Edna Molewa gestuur waarin hulle antwoorde versoek oor die Wolhuterskop Natuurreservaat wat onlangs deur die Vrystaatse premier, Ace Magashule, aan die Tyrannus Apostoliese Kerk belowe is.

AfriForum het die wetgewing rakende natuurreservate uitgewys en op grond daarvan gevra dat die minister self die kwessie moet hanteer. “Ons het versoek dat minister Molewa self moet ingryp en duidelikheid oor die situasie verskaf. Ons het ook aan haar uitgewys dat natuurreservate juis bestaan om die ekologie en natuur te bewaar, en deur die Tyrannus Kerk daar toe te laat, sal dit dié bestaansideaal teenwerk,” het Els, AfriForum se organiseerder vir die Vrystaat, gesê.

Pogings deur AfriForum om met die Vrystaatse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake te kommunikeer was onsuksesvol. Die minister se kantoor het wel bevestig dat hulle die organisasie se brief ontvang het en so spoedig moontlik sal antwoord.

AfriForum beplan ʼn gemeenskapsvergadering met die Dihlabeng Natuurvereniging aanstaande Donderdag, 22 Augustus om die saak verder te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

a.lombard ·

Waarom word die inwoners nie meer geraadpleeg nie alvorens toekennings gedoen word, is dit nie tyd om ook te masjeer na die Miniaster se kantore nie? kry persone by mekaar (Leer van die Arabiese Lente dit is al wat werk) hierdie aan beveling is erg, maar ons kan nie meer net stil bly nie, stilbly word nie meer erken nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.