AfriForum stap saam met bekendes teen geweld

Karlien en Bobby van Jaarsveld. Foto: Phillip Bruwer

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan môre saam met Bobby en Karlien van Jaarsveld, Steve Hofmeyr en 30 ander bekendes aan ’n staptog na die Uniegebou deelneem om regeringsingryping teen geweldsmisdaad in Suid-Afrika te eis.

Volgens AfriForum is die inisiatief geneem in reaksie op die grumoorde van die 5-maande-oue Wiehan Botes en sy oppasser, Margrietha de Goede (66) in Delmas verlede maand. Volgens die sanger, Bobby van Jaarsveld reis kunstenaars dwarsoor Suid-Afrika en hoor weekliks hoe mense hulle geliefdes aan die dood afgestaan het tydens inbrake, motorkapings en gewapende rooftogte. Ander was weer slagoffers van ander geweldsmisdade soos verkragting en aanranding. “Hierdie slagoffers is ons ondersteuners en ons kan nie stil sit en toekyk hoe hulle daagliks uitgelewer is aan misdaadbendes wat besig is om mense se regte en vryhede te vertrap nie,” het Van Jaarsveld gesê. Volgens AfriForum se hoof van gemeenskapsake, Cornelius Jansen van Rensburg, rou Suid-Afrika oor elke persoon wat geraak word deur geweldsmisdaad. “Ons gaan hierdie boodskap aan die president oordra en eis dat die regering daadwerklik teen geweldsmisdaad optree,” het Jansen van Rensburg gesê.

Alle Suid-Afrikaners word uitgenooi om Dinsdag, 19 Junie om 10:00 vanaf die Pretoria Kunsmuseum tot by die Uniegebou saam te stap teen geweldsmisdaad. Deelnemers sal SWART KLERE dra met ‘n WIT serpie / “bandana” / hoed. Die swart klere simboliseer dat ons as Suid-Afrikaners rou oor elke persoon wat vermoor is of deur geweldsmisdaad geraak is, terwyl die wit simboliseer dat daar in vrede vir vrede gestap word. ’n Memorandum sal aan die presidensie oorhandig word.
Mense kan ook die webwerf, www.stapteengeweld.co.za, besoek vir meer besonderhede.

Ander bekendes wat aan die staptog deelneem, sluit in:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.