AfriForum stel opname van plaasaanval beskikbaar

Monument_Plaasmoorde-320x165

Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het intussen kommentaar gelewer op die reaksie wat die plaasaanval-video uitgelok het. Klik hier om sy artikel te lees.

AfriForum sal Maandag ’n video wat beeldmateriaal van ’n gepoogde plaasaanval bevat, tydens ‘n blitskonferensie in Centurion aan die media beskikbaar stel. Hierdie materiaal sal deel vorm van die voorlegging oor plaasmoorde wat AfriForum gedurende 26 en 27 November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland gaan indien. Hoewel die beeldmateriaal nie geweld bevat nie, sal dit sensitiewe kykers moontlik ontstel.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, vertrek ná die geleentheid na Europa en sal die voorlegging behartig.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sal AfriForum se strategie met betrekking tot gemeenskapsveiligheidsnetwerke by die geleentheid in Centurion bekendstel.

Hou Maroela Media later dop om die video te sien.

Lees ook:
Video: Sekuriteitsvideo-opname van plaasaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.