AfriForum stel Zeerust Veiligheidnetwerk bekend

zeerustDie burgerregte-organisasie AfriForum gaan Woensdagaand ʼn openbare vergadering in Zeerust hou waar die organisasie ʼn veiligheidsnetwerk van stapel sal stuur. Dit volg ná die afgelope twee weke se gewelddadige aanvalle waarin een persoon dood is.

Volgens AfriForum versuim die staat sy plig om burgers van Suid-Afrika te beskerm. AfriForum meen dat landsburgers self na hulle veiligheid moet begin omsien.

“AfriForum sal gemeenskappe nou bystaan waar die staat versuim om veiligheidsmaatreëls vir gemeenskappe in werking te stel en op ʼn doeltreffende wyse mense te beskerm,” het Ian Cameron, AfriForum se organiseerder in Noordwes gesê. Die geleentheid begin 18:00 by Hoërskool Zeerust.

Lees ook:
Twee aanvalle in twee dae in Zeerust
Oud-skoolhoof van Zeerust vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.