AfriForum stuur 10 000 e-posse aan polisieminister oor plaasmoorde

Monument_Plaasmoorde-320x165AfriForum het deur middel van die webblad www.hoelanknog.co.za reeds meer as 10 000 e-posse van die publiek vir die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gestuur waarin die prioritisering van plaasmoorde gevra word. Hierdie e-posse sal ook deel vorm van die petisie wat AfriForum in November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede sal indien.

Gedurende die afgelope twee jaar het slagoffers, wat geliefdes in plaasmoorde verloor het, meer as tien keer gepoog om die minister van polisie te laat ingryp by plaasmoorde.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat die webblad geskep is om aan die publiek ’n platform te bied om hul sê te sê en druk op die minister te plaas. “Mthethwa moet besef dat ons nie gaan lê nie. Hoe langer hy die plaasmoordkrisis ignoreer, hoe meer aggressief sal ons ons veldtog voer. Die voorlegging by die Verenigde Nasies is maar net die begin.”

Roets het bygevoeg dat daar ʼn legio redes bestaan waarom plaasmoorde prioritiseer moet word. “Die vertrekpunt is die feit dat plaasmoorde ’n unieke misdaad is wat ’n unieke teenstrategie regverdig. Boere woon in afgeleë gebiede en die polisie se landelike veiligheidsplan het nog geen impak op die plaasmoordkrisis gemaak nie. Afgesien daarvan is die voorkoms van plaasmoorde buitensporig hoog en is dit dikwels onmenslik wreed.”

  • Mthethwa het nog nie erken dat hy die e-posse ontvang het nie.
  • Die publiek word aangemoedig om die petisie te ondersteun by www.hoelanknog.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Eben ·

Hoekom sal Nathi Mthethwa reageer of ontvangs reageer/bevestig. Sy regering doen niks en die stil swye is net weer n bevestiging dat dit reg is.

Nienie ·

Ek wil graag die petisie ondersteun, maar kan nie. Die webblad het `n hele, dik streep deur waar jou besonderhede voltooi moet word. Moontlik kan Solidariteit via hierdie kommentaar ingelig word?

Vas Vat ·

Onthou, stilwyse is ook n antwoord. Die antwoord is, niks sal daaraan gedoen word nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.