AfriForum verhoed dat elektrisiteit afgesny word

kragdradeDie burgerregte-organisasie AfriForum het tussenbeide getree om te verhoed dat elektrisiteit in die Thaba Chweu-gebied afgesny word deur ʼn dringende interdik teen Eskom te kry. Die elektrisiteitstoevoer na Lydenburg, Graskop en Sabie sou afgesny word.

Dié bevel wat aan AfriForum toegestaan is, bepaal verder dat die respondente, in dié geval Eskom, voldoende redes moet verskaf waarom die elektrisiteit afgesny moet word.

“Ons het baie simpatie met Eskom in dié verband omdat hulle die gelde moet in, maar ons kan nie toelaat dat mense wie se rekenings betaal is deur die Thaba Chweu Munisipaliteit se onbevoegdheid benadeel word nie,” het Ruan Lottering, AfriForum se organiseerder in Mpumalanga gesê. “Die munisipaliteit het nooit Eskom se rekening betaal nie. Boonop was hulle oneerlik teenoor die inwoners en het tot op die dag wat die elektrisiteit afgesny sou word, die gemeenskap in die duister gehou oor die situasie.”

AfriForum het deurlopend met Eskom se verteenwoordigers gekommunikeer. Daar is aangedui dat die munisipaliteit weier om die agterstallige bedrag van meer as R146 miljoen te vereffen en dat die krag afgesny sou word.

Noudat die krisis afgeweer is, gaan AfriForum hom daarop toespits om die korrupte amptenare te verwyder en verantwoordelik te hou vir die uitstaande skuld. Die burgerregte-organisasie ondersoek reeds klagtes van korrupsie en bedrog teen munisipale amptenare.

Om deel te word van AfriForum, stuur ’n SMS met jou naam en dorp na 31336 (50c/SMS).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Amy ·

Kyk na die rekening, en sny net die s’n wat nie betaal het nie. Die ander sal wel aanhou met betaal. Geen wonder munisipaliteite gaan bankrot nie. (buiten nou vir al die stelery en korrupsie).

Eben ·

Amy die mense betaal maar die korrupte amptenare doen nie die oorbetalings nie!

JD ·

Amy, verstaan jy nie afrikaans nie, of het jy die berig net verkeerd verstaan? Of is jou antwoord dalk foutief?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.