AfriForum by VN in Genève oor minderheidsregte

Ernst Roets

Ernst Roets, AfriForum se adjunk uitvoerende hoof vir kommunikasie sal môre ʼn voorlegging oor plaasmoorde by die Forum indien.

AfriForum gaan vandag en môre (26 en 27 November 2013) die Menseregteraad van die Verenigde Nasies (VN) se Forum oor Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland bywoon om insette rakende die stand van minderheidsregte in Suid-Afrika te lewer.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof vir internasionale skakeling van AfriForum, sal vandag, in aansluiting by die forumgesprek se tema, die burgerregte-organisasie se kommer oor die toenemende mate waarin minderheids- en menseregte in Suid-Afrika geskend word, onder die VN se aandag bring.  AfriForum se webwerf en verslag oor die stand van dié regte, wat gerig is op ʼn buitelandse gehoor, sal ook by die geleentheid bekendgestel word.  Dit staan bekend as South African Monitor (www.sa-monitor.com) en word met die hulp van onafhanklike navorsers en konsultante saamgestel.  Dit sal in 2014 amptelik geloods word.

Ernst Roets, AfriForum se adjunk uitvoerende hoof vir kommunikasie sal môre ʼn voorlegging oor plaasmoorde by die Forum indien, wat AfriForum se petisie hieroor, genaamd “Hoe lank nog?” insluit.  Hy sal spesifiek wys op die krisisafmetings wat geweld en moorde op Suid-Afrikaanse plase aanneem, en die regering se versuim om die aanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar.

AfriForum se teenwoordigheid by die Forum is deel van ʼn omvattende strategie waarmee die organisasie toenemend die skending van mense- en minderheidsregte in Suid-Afrika wil internasionaliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grassie ·

Dit lyk vir my Afriforum is die enigste organisasie wat iets daadwerklik doen om Blanke belange te beskerm. Hulle vat die huidige regering in plaaslike howe en in die buiteland aan en is dikwels suksesvol. Ek het al agtergekom dat die regering lugtig is vir hulle. Ander “behoudende” organisasies bereik nie veel nie en is gewoonlik meer lawaai as wol.
Van Mulder, Mulder en kie (Bpk) wil ek liewers niks sê nie.

FANIE FOS ·

Dink aan die volgende aangaande ‘AFFIRMATIVE ACTION” ongebore babas in die moeder se baarmoeder word veroordeel en gevonnis deur die ANC Regime, wanneer hulle gebore word is daar alreeds beplan dat hulle tweede rangse burgers is, wat agter in die ry moet staan vir toegang tot universiteit, in die werksplek, dat hulle geen kans het om enige werksgeleentheid mag kry in die staatsdiens nie. Na byna twintig jaar van ANC Regering word die witras bedreig met die dood op verskeie vlakke. Moord en aanrandings, huisbraak, motorkapings asook die feit dat die ANC Regime swart werkers sonder enige kwalifikasies voorkeur gee bo die blankes met geletterdheid asook ondervinding in ‘n poging dat die blankes nie werk kry nie, sodoende geen geld het vir kos nie en dan uitgehonger sal word en smeek vir ‘n geleentheid by die ANC Indien Suid Afrika wil ontsnap van armoede onder alle rasse is dit wenslik om ‘AFFIRMATIVE ACTION” af te stel sodat die blankes ‘n bydra kan lewer om die swart onopgeleide persone te help met vaardighede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.