AfriForum vra swaar strawwe vir polisielede wat by misdaad betrokke is

AfriForum verwelkom die nuus van die onlangse inhegtenisname van verskeie polisiemanne in Soweto en Lenasia as gevolg van hulle betrokkenheid by ʼn motordiefstal- en kapingsindikaat. Hierdie sukses stuur ʼn sterk boodskap aan ander kriminele elemente in die SAPD en skep die hoop in die gemeenskap, wat swaar onder misdaad gebuk gaan, dat die polisiediens die stryd teen korrupsie in sy eie geledere aangesê het.

Daar was onlangs ʼn hele reeks berigte oor polisiebetrokkenheid by ernstige en gewelddadige misdaad. Die regstelsel moet die swaarste moontlike strawwe vir hierdie oortreders oplê. “Ons, as lede van die gemeenskap, moet weer ons polisiebeamptes kan vertrou. Daar was in die verlede groot respek vir polisiebeamptes en die moeilike en ondankbare werk wat hulle doen. Kriminele elemente onder hulle het hierdie beeld skade berokken, en die SAPD moet alles in sy vermoë doen om dit om te keer,” sê Reg Crewe, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

“As ek deur ‘n polisiebeampte afgetrek word, wil ek nie wonder of ek gekaap of geslaan gaan word, of vir omkoopgeld gevra gaan word nie. Die SAPD moet voortgaan om hierdie misdadigers te arresteer en hulle behoorlik te vervolg,” het Crewe afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leslie ·

Dit is seker ook asgevolg van die apartheid era se skuld?, ek het gesien dat goed wat vernietig moet word deur lede van die polisie mag geneem word vir hulle self of verkoop.
Diefstal, Moord en Verkragting is in hulle gene dit was so voor 1652 en nog so in 2013
hulle is die enigste mense wat dit nie weet nie blameer eerder ander mense

Paul Joubert ·

Dan is diefstal, moord en verkragtig seker maar in wit mense se gene ook, Leslie? Het jy al ooit die geskiedenis van Europa gelees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.