AfriForum vra wyer toegang tot stemreg vir SA’ners in buiteland

stembriefIn ʼn voorlegging wat Dinsdag tydens ʼn openbare verhoor oor wysigings aan die Kieswet in Kaapstad gemaak is, het AfriForum ʼn beroep op die parlementêre portefeuljekomitee van binnelandse sake en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gedoen om toe te sien dat dit in die toekoms steeds makliker vir Suid-Afrikaners in die buiteland sal word om aan nasionale verkiesings deel te neem.

Ná ʼn uitspraak van die Konstitusionele Hof in 2009 in ʼn saak waar AfriForum ʼn vriend van die hof was, mag Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland wel stem. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, verhinder logistieke probleme egter sommige om die reg uit te oefen.

AfriForum verwelkom voorgestelde aanpassings aan die Kieswet (Wet 73 van 1998) wat van die probleme gedeeltelik sal oplos, byvoorbeeld dat Suid-Afrikaners nou in die buiteland sal kan registreer om te stem.

In die voorlegging het Bailey verder ʼn beroep op die OVK gedoen om in die toekoms opsies soos elektroniese stemming te ondersoek om dit steeds vir meer Suid-Afrikaners moontlik te maak om hulle kruisies in die buiteland te trek.

“Hierdie Suid-Afrikaners is ʼn waardevolle bate vir die land. Hulle is nie-amptelike ‘ambassadeurs’ waar hulle ook al gaan, en beïnvloed só die mening van buitelanders oor die land. Van hulle lewer ʼn beduidende bydrae tot die plaaslike ekonomie deur die terugploeg van kundigheid, die aankoop van Suid-Afrikaanse bates en produkte en met finansiële skenkings ten bate van vriende, familie en plaaslike sake wat hulle na aan die hart lê. Hulle moet nie vervreem word nie en deur hulle stemreg te beskerm en bevorder, word hulle burgerskap gerespekteer en herbevestig,” het Bailey gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Seg Net ·

Elektroniese stemme? Gevaarlike grond waarop hy wil beweeg. Oop vir korrupsie soos ‘n waenhuis deur.

Naal de Koker ·

ek stem Trippie. Weet jy dalk presies wanneer die 2014 stemdag is?

Trippie ·

Naaldjie, soos ek dit het, tussen April en Julie 2014, dus, nog geen vasgestelde dag of maand nie.

Naal de Koker ·

√ Dankie Trippie ! Hoop nou nie dis terwyl ek op die skip is op pad Southampton toe nie! Ek wil vreeslik graag stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.