AfriForum vra Xingwana om Darren Scott se voorbeeld te volg

Lulu Xingwana. Foto: GCIS

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag ʼn skrywe aan die minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, Lulu Xingwana, gestuur en haar gevra om uit haar pos te bedank. Die skrywe volg op Xingwana se onlangse beledigings teenoor jong Afrikanermans en die Calvinistiese geloof.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het in die brief aan Xingwana verduidelik dat AfriForum haar verskoning verwelkom en dankbaar daaroor is, maar dat sy aan die verskoning betekenis moet gee deur die volgende twee stappe te doen:

  • Sy moet haar verskoning ook uitreik aan ABC in Australië, aangesien dit die forum is waarop sy die uitlating gemaak het
  • Sy moet die voorbeeld volg wat onlangs deur die radio-omroeper Darren Scott gestel is, deur uit haar pos te bedank.

Roets het gesê dat Xingwana nou ʼn geleentheid het om die regerende party se konsekwentheid te bewys deur haar verskoning met ʼn bedanking op te volg, aangesien dit presies is wat die ANC van Scott verwag het. “Die verskil is hier dat Scott nie ʼn openbare verteenwoordiger was nie en dat sy opmerkings teenoor ʼn swart kollega by ʼn privaatgeleentheid gemaak is, terwyl Xingwana sʼn op internasionale televisie uitgesaai is.”

Roets het Xingwana se onbekwaamheid uitgewys as verdere rede waarom haar bedanking noodsaaklik is. “Haar departement funksioneer nie en sy kan in geen opsig bewys dat sy die lewens van vroue en kinders beter gemaak het nie. Dit stel die regering in die verleentheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nellie Kilian ·

Die rassisme van swart mense teen wit mense gan nog die land se ondergang beteken.

Daar is blykbaar volgens die SA Lumag se bestuur te veel wit mense in Denel se diens daarom moet honderde mense Denel se diens wat op lugmag basisse werk die einde Maart hulle verlaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.