AfriForum vries ‘grondgrypers’ se bankrekenings

Die burgerregte-inisiatief, AfriForum, het Woensdag ʼn interdik teen twee banke verkry om bankrekenings waarin die opbrengste van beweerde onwettige grondverkope gedeponeer word, te vries.

AfriForum sê in ʼn verklaring dat hy die interdik gekry het teen Standard Bank en FNB waarvolgens twee rekeninge gevries word waarin die opbrengste van die onwettige grondverkope aan plakkers in die Wallmansthal-omgewing gedeponeer word. AfriForum sê dié aksie volg nadat dit aan die lig gekom het dat ʼn korrupte oudpolisieman, Richard Makene, die afgelope maande onverpoos “erwe” in ʼn wildbewaringsgebied, wat geoormerk is om aan die Wallmansthal Communal Property Association (WCPA) oorgedra te word, teen R400 per erf aan grondbesetters, verkoop. Besetters is versoek om die geld in twee bankrekenings by onderskeidelik Standard Bank en FNB te deponeer. AfriForum sê hy is deur sy plaaslike tak asook deur die WCPA genader vir regshulp nadat die staat reeds sedert September verlede jaar sloer met die afsetting van onwettige plakkers. Die organiasie beweer dat daar aanduidings is dat dienende polisielede tans deelneem aan die onwettige verkoop van erwe.

Volgens AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, is dit duidelik dat die huidige grondbesettingsaksie by Wallmansthal veel meer is as ʼn soeke na huisvesting. Die “plakkers” daag in duur motors by die perseel op en aanduidings is dat die meeste van die huidige besetters eerder spekulante in ʼn onwettige geldmaakskema is. Die proses sal nou opgevolg word deurdat Standard Bank, FNB en die rekeninghouers geleentheid sal kry om aan die hof te meld waarom die voorlopige interdik wat verleen is, nie finaal gemaak moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan Serfontein ·

Wonderlik afriforem julle het hulle weer uitgevang vir suckers. daardie rekening houers het dit nie verwag nie. Julle is hulle een voor.Baie geluk en sterkte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.