AfriForum waarsku oor misverstand oor erfbelasting-uitspraak

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die publiek gewaarsku teen die weerhouding van munisipale belastings vir substandaard dienslewering op grond van die onlangse uitspraak van die grondwetlike hof wat bepaal dat ʼn eienaar nie vir betaling aanspreeklik is as ʼn diens nie gelewer is nie.

“Ons glo dat baie mense die implikasies van die uitspraak misverstaan. Die Grondwetlike Hof het beslis dat die eienaar nie aanspreeklik is vir betaling vir dienste waar dienste glad nie gelewer is nie. ʼn Eienaar van ʼn eiendom kan dus nie ingevolge die uitspraak in Olga Rademan v Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit en ander, betaling weerhou in die geval van swak, wisselvallige of substandaard diens nie,” sê Ivan Herselman, adjunkhoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum.
AfriForum moedig gemeenskappe aan om sterk gemeenskapstrukture te skep waarbinne daar met plaaslike owerhede aangaande dienslewering onderhandel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.